Antibiotikaweerstand – Verstandige Gebruik Van Antibiotika-Dr. Marijke M Henton -2016-11-29


Hoe kan ek die gebruik van antibiotika verminder en verseker dat weerstand teen antibiotika nie ontwikkel nie?

Verstandige gebruik van antibiotika

Beroepe om die gebruik van antibiotika te verminder, kom al hoe meer na vore. Die doel is nie om ‘n verbod op die gebruik van antibiotika te plaas nie, maar om versigtig met die gebruik daarvan om te gaan. Daardeur sal die effektiwiteit van die middels verleng word, en sal daar ook aan die residu (opspoorbaarheid van antibiotika in vleis, organe en melk na toediening van antibiotika) regulasies voldoen word.

Die wêreldwye probleem van antibiotikaweerstand is van belang vir almal. Wanneer antibiotika misbruik word, vir mindere gesondheidsprobleme aangewend word of swak higiëniese praktyke vervang, styg die voorkoms van antimikrobiese weerstand in mens en dier!

Die eerste welbekende antibiotikum, penisillien, ontdek in 1928, saam met sulfonamiedes, het die lewens van menige soldaat in die tweede wêreldoorlog gered. Die amper wonderbaarlike genesing van iemand wat aan ‘n lewensbedreigde siekte gely het, is vandag alledaags. Niemand verwag vandag om te sterf as gevolg van ‘n eenvoudige besmette wond nie.

Verdere nuwe soorte antibiotika is sedertdien die ontdekking van penisillien ontwikkel, maar die bron van nuwe antibiotika het byna opgedroog. Menige bakterieë is nou weerstandig teen die ouer sowel as nuut ontwikkelde antibiotika met die gevolg dat siekteverwekkende bakterieë mens en dier nou besmet. Sommige analiste voorspel dat antibiotika nog slegs vir minder as ‘n eeu in totaal effektief gaan wees.

Wat is die onderliggende oorsake van bakteriële weerstandigheid?

Bakteriële faktore

Bakterieë en die selle in ons liggame is dieselfde op grond van die manier waarop hulle vermeerder. Hulle verdubbel in grootte en dan verdeel hulle in twee ewe groot helftes. Hulle dra ook hulle genetiese materiaal in DNA. Bakterieë dra egter dikwels ook ‘n plasmied, wat ‘n klein ekstra sirkel van DNA is. Beide die plasmied en die normale gene dra antibiotika weerstandbiedende gene. Wanneer die bakteriese sel vermeerder, verdubbel die plasmied om twee sirkels te vorm en een eindig op in elk van die nuwe bakteriële selle. Een plasmied dra dikwels weerstandbiedende gene vir baie verskillende soorte antibiotika. Plasmiede kan vinniger vermeerder as bakterieë en die ekstra kopie van die plasmied word dan geskenk aan ‘n ander bakterie.

Farmaseutiese faktore

Baie min nuwe antibiotika word tans ontwikkel. Antibiotika moet bakterieë en nie menslike en dierlike selle teiken nie anders sal hulle te toksies vir gebruik wees. Daar is slegs ‘n beperkte aantal verskille tussen bakteriële, soogdier- en voëlliggaamselle. Navorsing om uit te vind wat versteuring in bakteriële verdeling kan bewerkstellig, het al daartoe gelei dat nuttige antibiotika ontwikkel is. Meeste van die huidige navorsing is daarop gerig om bestaande antibiotika te verander om hulle werksaamheid te verbeter en nie om nuwe antibiotika te vervaardig nie. Die ontwikkeling van nuwe antibiotika is geweldig duur.

 

Wat die boer kan doen

  • Dosering – Antbiotika moet altyd teen die korrekte dosis gebruik word. Onderdosering beteken dat die dier nie behoorlik behandel is nie en weerstand ontwikkel dan baie makliker as wanneer die regte dosis toegedien word.. Die gebruik van ‘n laer dosis om geld te bespaar is ‘n valse ekonomiese beginsel. Die gebruik van antibiotika vir “net in geval” moet te alle koste vermy word.BiosekuriteitBakterieë kan ook op die plaas gebring word deur besoekers, vragmotors en vrylewende knaagdiere. Menige bakterieë kan deur ‘n enkele persoon of knaagdier na jou lewende hawe versprei word. Beperk besoekers, ontsmet voertrokke en ander voertuie voordat hulle jou boerderyeenheid binnekom. Knaagdierbeheer en opgedateerde biosekuriteitmaatreëls is huidiglik ‘n moet vir ‘n suksesvolle boerderyeenheid.Beheer of beperking van antibiotika gebruikBestuur in die bemarking van antibiotikavry produkte deur die onttrekkingsperiode streng na te kom, is al reeds ‘n groot stap vorentoe. Ondersoek jou produksiesisteem krities vir nakoming. In plaas daarvan om antibiotikabedekking vir lang periodes voorkomend toe te dien, gebruik die antibiotika liewer vir ‘n kort periode, gedurende kritieke tye net voordat diere moontlik siek kan word. As ‘n paar diere siek word gedurende die periode wanneer antibiotika nie gebruik word nie, kan diere dan individueel behandel word.Higiëne

 

  • Hierdie beginsel word alreeds deur meeste boere toegepas. Onttrekkingsperiode is die tyd wat moet verloop tussen die laaste behandeling en bemarking. Hierdie tyd word weergegee in die voubiljet van die produk en word goed deur gebruikers van antibiotika verstaan. Elke antibiotika bly vir ‘n langer of korter tyd in die liggaam en verskil ook vir verskillende spesies en verskillende produkte soos vleis, melk of eiers.
  • Wanneer ‘n dier ingekoop word, word so ‘n dier gewoonlik vir ‘n tydperk gekwarantyn om seker te maak dat die dier nie siektes dra nie. Siektevrye diere kan nogtans ‘n normale aantal bakterieë huisves wat weerstandige gene dra. Hierdie gene kan oorgedra word na bakterieë wat probleme op die plaas kan veroorsaak. Dieselfde antibiotikum wat vir jare effektief was, is nou nie meer werksaam nie.
  •  
    • ‘n Enkele bakterium sal selde siekte veroorsaak. Daar moet gewoonlik ten minste 100 bakterieë en meer waarskynlik ‘n duisend of meer teenwoordig wees voor ‘n dier begin siek word. Higiëne is dus van kritiese belang in die beheer en voorkoming van siektes. Hoe minder vatbare diere aan bakterieë blootgestel word, hoe kleiner die kans dat hulle siek sal word. Mis en etter bevat miljoene bakterieë. Deur beide so vinnig moontlik te verwyder, word die kanse vir diere om siek te word verminder.
    • Knaagdiere dra baie bakterieë en hulle besmet voer met hulle urine en mis as hulle nie beheer word nie. Alles in- alles uitsisteme verminder die opbou van weerstandige bakterieë op ‘n plaas.
  • Higiëne in die melkstal is ‘n ander kritieke area. Maak seker dat die ontsmettingsmiddels wat gebruik word om die toerusting en stal te was teen die korrekte konsentrasie gebruik word. Die melkmasjien moet teen die vervaardiger se standaarde gebruik en ontsmet word. Koeie met mastitis moet laaste gemelk word. Om mastitismelk aan kalwers en ander produksiediere te gee, is nie ‘n goeie praktyk nie. Bakterieë vermeerder vinnig in melk wat by kamertemperatuur laat staan word vir ‘n uur of twee. Die verspreiding van bakterieїë van behandelde uierkwarte op die plaas, versprei ook weerstandige bakterieë. Die lae vlakke van antibiotika in mastitismelk lei ook daartoe dat weerstandige gene in bakterieë ontwikkel.

 

    • Veedigtheid
    • Veedigtheid moet optimaal bestuur word. Die bakterieë wat longontsteking veroorsaak, word uitgehoes of uitgeasem. Diere wat in noue kontak met mekaar is, kan dodelike getalle kieme inasem. Diere wat versprei is en waar daar nie ’n oorbevolking is nie, sal slegs ‘n paar bakterieë inasem.
  • Besmette water

 

  • Water kan ook virulente bakterieë bevat. Dit mag seisoenaal van aard wees met ‘n hoër konsentrasie van bakterieë gedurende droogtetye. Chlorenisering van water sal die getal bakterieë verminder. Dit kan strategies gedoen word gedurende droë seisoene en kritieke tye tydens sekere boerderypraktyke. Suiwelboere sal wys wees om te sorg dat water te alle tye gechloriniseerd is. Voorkoming van siektes deur diere te immuniseer, is ‘n praktyk wat meeste boere getrou navolg sedert Sir Arnold Theiler die Daspoort Bakteriologiese Labarotorium in 1898 gestig het en wat later tot die onstaan van die Onderstepoort Vetirinêre Instituut gelei het. Entstowwe teen dieresiektes is geredelik beskikbaar in Suid-Afrika.

Die inwerkstelling van hierdie bestuurstrategieë asook ander beginsels wat universeel is, behoort tot verminderde gebruik van antibiotika te lei asook tot verhoogde inkomste. Biosekuriteit beskerm nie net jou plaas teen nuwe siektes nie, maar sal ook die positiewe effek van verminderde antibiotikagebruik hê. Wanneer besluit word om nuwe diere in te koop, kyk ook na antibiotikaverbruik op die plaas van oorsprong asook na die siektestatus van dié plaas en genetiese potensiaal.

Die rasionele gebruik van antibiotika beteken nie dat die gebruik van antibiotika verbied word nie. Rasionele gebruik beteken presies wat dit sê. ‘n Rasionele persoon verstaan dat antibiotika ‘n skaars bron geword het en in plaas daarvan om meer te betaal vir toenemende skaars hoeveelhede van antibiotika, is daar baie meer wat boere kan doen om die impak wat antibiotikaweerstand kan veroorsaak, teen te werk.